0722260222 info@xgrafies.co.za
Select Page

Soli Deo Gloria!!

Baie mense roem daarop dat hulle die Bybel binne ‘n jaar deurgelees het. Ek het dieselfde gedoen en tot my skok agtergekom dat ek nie veel kon onthou wat ek gelees het nie.

l

DIE SKRYWER

Onderwyser Generaal Hertzog Hoërskool, Lektor Durbanse Onderwyskollege; Dekaan Technikon van die Vrystaat; Professor, Universiteit van die Vrystaat en 50 jaar ouderling in die Hervormde Kerk van Afrika – J.C. (Seef) Pretorius

i

DELE VAN DIE BOEK

VOORWOORD

Ek my opregte dank uitspreek teenoor my Hemelse Vader dat Hy my hoegenaamd toegelaat het om met Sy Woord te worstel. Sonder vrees vir teëspraak kan ek getuig dat dit waarskynlik die wonderlikste ervaring in my hele lewe was. Komende uit die akademiese wêreld het ek ‘n redelike hoeveelheid manuskripte vir publikasie voorberei in die veld waarin ek opgelei was, naamlik plantbiochemie, maar hierdie “manuskrip” het my nie alleen meer genot verskaf nie, maar ook die Gees met tye laat ervaar. Iets wat ek nie werklik kan beskryf nie. Soms het die woorde gevloei, maar soms het die Gees my opdrag gegee om die antwoorde op ander plekke te gaan soek. Iemand mag sê dat dit my verbeelding was maar as die eerste plek wat geraadpleeg word dadelik die antwoord op ‘n spesifieke vraag in presiesheid “uitskree”, dan is die “wet van kans” vir my nie meer ter sprake nie.

INLEIDING

Om die boek Openbaring te verstaan moet die Ou Testament as skadu van die Nuwe Testament eers deeglik bestudeer word om die “goue draad” wat deurloop op te tel. In hierdie dokument sal slegs die kernpunte uit die Ou en Nuwe Testamente opgesom word, deurgaans met verwysing na Jesus, terwyl sekere skrifgedeeltes vir die leser gelaat word om self in die Bybel op te soek. Baie belangrike verse sal egter voorsien word. Sekere dele, a.g.v. die omvang daarvan, sal baie kripties aangebied word met die klem op die kerngedagtes, terwyl ander weer meer volledig verskaf sal word op grond van die belangrikheid daarvan t.o.v. die primêre doel van hierdie projek.

EERSTE HEENWYSING

Na Genesis 3:15 word verwys as ‘n “Proto-evangelium”. “Proto” beteken “Eerste” en “Evangelium” beteken “Evangelie”. Genesis 3:15 word dus genoem die “eerste Evangelie”.

Dit is die eerste heenwysing na die eerste koms van Jesus Christus!!!!

Dit is so belangrik dat hierdie teksgedeelte reg aan die begin gebruik gaan word om ‘n kort reis deur die Bybel te onderneem. Dalk sal sekere aspekte later herhaal word, maar a.g.v. die belangrikheid daarvan sal hier eers stil gestaan word vir ‘n uitgebreide eksegese van Genesis 3:15.

GOUE DRAAD

God gaan hier in gesprek met die satan en sê reguit vir hom wat vorentoe gaan gebeur. Dit word bevestig in Romeine 16:20: “En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen”. 

Vier Bybelgedeeltes gaan gebruik word om die ware betekenis van hierdie eerste aankondiging in Genesis 3:15 te ondersteun en te bevestig en ook om te illustreer hoe daar ‘n goue draad deur die hele Bybel loop wat die gelowige leser moet raaksien: 1) Die tiende plaag in Egipte, 2) Die koperslang in die woestyn, 3) Psalm 22 en 4) Jesaja 53:

DANIËL

Die boek van Daniël kan in 3 temas verdeel word

1) Daniël is ‘n boek van gebede. Hierdie gebede is om God te vereer maar ook gebede om hulp en wysheid. Die boek beklemtoon dat die 4 helde Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego nie op hulleself aangewese is nie maar dat hulle hul krag, wysheid, waagmoed en deursettingsvermoë van God kry terwyl hulle in ballingskap verkeer.

2) Die lewe van Daniël verteenwoordig kragtig die oorlog tussen die glorie van mense en die Glorie van God. Die mens, en veral hulle wat regeer, is arrogante wesens wat hulleself ophef in status en dan geneig is om die eer daarvoor te neem sonder om die eer aan God te gee. God gebruik in die verhaal van Daniël rolspelers wat as baie belangrike voorbeelde vir ons dien omdat beide die goeie of die slegte voorbeelde, wat hier voorgehou word, deel van alle mense is.

3) Die hooftema is egter die soewereiniteit van God oor alles en almal wat Hy geskep het. Die lewe sal verloop tot op die punt wat God besluit dat dit nou genoeg is en waar Hy weer in Christus sal afkom aarde toe om te regeer. Hy laat ons ook nie in die duister hieroor nie en gee aan Daniël deur gesigte profesieë oor die eindtyd. Hierdeur gee God aan die mensdom hoop deur die pragtige voorbeeld van Daniël.

OPENBARING DEEL 1

Die meeste geleerdes is oortuig dat die boek Openbaring in 95 n.C. geskryf is, naby die einde van die Romeinse keiser Domitianus se bewind (81-96 n.C.). Maar sommige wat die Preteristiese siening (sien later) aanhang is van mening dat die boek op ‘n vroeër stadium tydens keiser Nero se bewind (54-68 n.C.) geskryf is. Hierdie datum is nogal ‘n netelige saak aangesien dit ‘n redelike invloed het op die interpretasie van die boek Openbaring.

Die skrywer is die dissipel Johannes, wie die 3½ jaar bedieningstyd van Jesus meegemaak het, en aan wie die inhoud van Openbaring deur Jesus self, of ‘n engel wat Hy gestuur het, gedikteer is. Johannes is die geliefde dissipel of “die een wie Jesus lief het” genoem. Hy is deur die Romeine na die eiland Patmos verban nadat hulle hom eers erg gemartel het deur hom in warm olie te dompel. Al die ander dissipels van Jesus is wreed vermoor. 

OPENBARING DEEL 2

Sewe Briewe aan die Sewe Gemeentes in Openbaring

Hoe moet ons die sewe briewe aan die sewe gemeentes, wat Christus aan Johannes op Patmos gedikteer het, interpreteer en verstaan?  Die gemeentes het natuurlik almal bestaan, so daar is ‘n baie duidelike letterlik-historiese element agter die briewe.  Maar, wat moet die briewe vir ons vandag leer? Hieroor is daar minstens drie opvattings. 

Hierdie briewe verwys na verskillende tydgleuwe in die Christen-kerk se geskiedenis en ons bevind ons nou in die “Laodesiese-tydperk”, of die sogenaamde “lou-kerk-era”. As ons na die kerk van vandag kyk dan bevat dit nogal hierdie eienskappe:  “Lou, sonder opregte Goddelike liefde” OF “liefde vir die wêreld en geld” OF “vermaaklikheid gedrewe”?  Dus, ‘n harde en beskuldigende opvatting.  

Hierdie briewe verwys eerder na verskillende kondisies wat op dieselfde tyd in verskillende gemeentes kon bestaan het, of selfs na wat in dieselfde gemeentes oor verskillende tydperke kon geheers het. 

OPENBARING DEEL 3

Die apokaliptiese visie (Openbaring) van Jesus, wat Hy aan Johannes gedikteer het om op te skryf, is ‘n bewys van Sy Goddelikheid aangesien Hy vooruit gesê het wat in die toekoms, insluitende Sy wederkoms, sal gebeur. Hy is die Alfa en die Omega. Maar, hierdie apokaliptiese visie is deur verskillende groeperinge verskillend geïnterpreteer wat verwarring onder die gewone Bybelleser veroorsaak. Die idealistiese benadering dra geensins by tot die uitleg van die Boek Openbaring nie aangesien die leser self oor die simboliek kan besluit, en dit is eenvoudig absurd. 

Die futuristiese benadering is vroeër, op grond van die misinterpretasie van Daniël 9:24-27 en ander kritiekpunte, as ‘n vals beskouing aanvaar. Volgens eksegete van Openbaring wat die historiese benadering volg, is God nog altyd daagliks en soewerein betrokke by die geskiedenis van die mens vanaf Jesus se eerste tot Sy tweede koms, net soos Hy betrokke was by die geskiedenis van die Jode in die Ou Testament. ‘n Groot gedeelte van die gebeure wat in Openbaring beskryf word het reeds plaasgevind, volgens hierdie siening, maar die laaste ses hoofstukke van die boek moet nog in vervulling kom. “Vol” ondersteuners van die preteristiese benadering hou vol dat die gebeure wat in Openbaring bekryf is reeds in die eerste eeu plaasgevind het terwyl “half” ondersteuners daarvan ‘n gaping laat vir gebeure wat nog in die toekoms moet plaasvind. 

Jeremia kla oor die destruksie van Jerusalem (Rembrandt, 1630, Rijksmuseum)

Die Evangelie van Jesus Christus, Imannuel: God met ons

Die leeu en die lam sal langs mekaar lê

R450 | R220

Extra R100 vervoer koste buite Bloemfontein

Stuur ‘n bestelling na info@xgrafies.co.za

Hierdie boek sal op helfde van die koste wees tot einde van 2022. Enige aflewering buite Bloemfontein sal R100 beloop.

VERWYSINGS

Dr. Jan Truter; Predikant van die NHKA – Gemeente Letsitele

Seef Pretorius het met die boek ‘n reuse werk op die tafel geplaas, wat geweldig baie vir almal kan beteken.  Daar is min boeke, veral in Afrikaans, wat die hele veld van die Bybel so intensief dek.  Hy het uiters wetenskaplik in sy benadering omgegaan en die Bybel met hom laat praat en nie hy met die Bybel nie.  Sy benadering was objektief en het met die skryf van die boek van verskeie invalshoeke ingekom, om ‘n holistiese tog analitiese beskouing weer te gee.  In ‘n wêreld waar die Bybel al hoe minder sê en betekenis vir mense het, het hy iets vars en nuut na vore gebring.  Mense soek dikwels boeke, wat hulle meer van die Bybel leer maar die aanbod is beperk.  Hierdie boek gee nuwe lewe aan wat baie beskou, as ‘n ou storie.  Baie lesers sal verbaas wees oor die lekker-lees-inhoud van die boek en sal dit as ‘n waardevolle instrument langs hulle Bybels kan plaas.

Ds. Jan De Wet; Emiritus predikant - Hervormde Kerk van Afrika

Seef, Hierdie is ‘n monumentale werk wat jy aangepak het. Dit kon alleen moontlik gewees het deur intense inspirasie van die Heilige Gees. Dit is ‘n gawe van God. Jou nuuskierigheid en soeke na antwoorde is tipies vir ‘n navorser. As natuurwetenskaplike, wat eksperimente en navorsing empiries benader het, is jy waarskynlik deur nuuskierigheid en soeke na antwoorde in die Bybel aangespoor. Soos jy telkens ervaar het, het jy soms op ‘n dwaalspoor beland. Maar, jou diep studie van kommentare, teologiese diskoerse, eksegeses, verklarings en interpretasies van uitstekende teoloë het jou uiteindelik berusting gebring oor die boek Openbaring. Die dringende oproep aan jou kinders en kleinkinders, asook die lesers van hierdie werk, kan in een sin saamgevat word: “Wees gehoorsaam aan die Woord van God”. Hierdie werk van jou sal nooit tevergeefs wees nie.

Anna Maré Botha; Maatskaplike werkster

Ek beleef dat daar in ons onsekere tye ‘n groeiende behoefte by mense bestaan om die Woord van God beter te verstaan. Mense met wie ek al gesels het sukkel werklik met die boek Openbaring omdat dit dikwels vreemd en abstrak ervaar word. Die rede hiervoor is waarskynlik die simboliek daarin wat weer die deur oopmaak vir verskillende interpretasies van wat in die boek opgeskryf is. Hierdie opsomming van die hele Bybel bied ‘n agtergrond en verstaanbare uitleg van die raakpunte wat die res van die Bybel met die boek Openbaring het. Dit is ’n moet om te lees vir geestelike groei en verryking. Vir my persoonlik was dit ‘n openbaring opsigself. Jesus wen!

PLAAS ‘N BESTELLING

Open chat
1
Goeie Dag, stuur asb die hoeveelheid boeke en adres dan stuur ek n faktuur, mag u 'n Geseënde dag beleef. groete Johan Pretorius